ENG | AFR

Hulp Sentrum

Het jy vrae oor die produkte en aankope wat jy deur ons maak, of hoe om die webtuiste te gebruik?

Ons wil seker maak dat jy maklike toegang het tot belangrike en hulpsame stappe sodat jy ons platform met gerief kan gebruik.

Gereelde Vrae

Daar kan verskeie redes wees vir die vertraging van herlaaibewyse wat uitgereik word, soos munisipale probleme of netwerk uitdagings. Kontak gerus ons Aanlyn Ondersteuning sodat een van ons professionele konsultante jou kan help om jou herlaaibewys(e) te kry.

Ongelukkig kan Prepaid24 nie jou herlaaibewys omkeer nie.

Voorafbetaalde elektrisiteitsherlaaibewyse word uitgereik na ‘n spesifieke meter nommer en kan slegs gebruik word op daardie meter. Alhoewel Prepaid24 nie jou herlaaibewyse kan omkeer nie, kan jy jou munisipaliteit direk kontak, hulle mag jou dalk kan help indien jy nog nie die herlaaibewys gebruik het nie.

Ons kan gou vir jou uitvind!

Kontak gerus ons Aanlyn Ondersteuning en voorsien ons met jou meternommer sodat ons die verskaffer/munisipaliteit van jou meter kan vasstel. Ons help jou met graagte!

Jou munisipaliteit kon moontlik jou elektrisiteitsmeter blok as gevolg van ‘n agterstallige bedrae op jou munisipale rekening. Jy sal jou munisipaliteit direk moet kontak rakend die uitstaande bedrag en om die blok van jou meter gelig te kry. Jy sal eers elektrisiteit kan koop sodra die blok gelig is aan hulle kant.

Daar is verskeie foutboodskappe wat op jou meter kan verskyn. Hier is verduidelikings en ‘n paar wenke oor wat jy kan doen wanneer jy die boodskap ontvang:

  1. "‘n Hartseer gesiggie"- Dit beteken gewoonlik dat ‘n tikfout gemaak was toe die herlaaibewys ingetik was. Probeer om die herlaaibewys weer in te tik en maak seker van elke syfer.
  2. "DDDD" - Hierdie kom voor wanneer ‘n herlaaibewys al van tevore gebruik is. Gebruik ‘n nuwe herlaaibewys.
  3. "Error 30" - Daar is ‘n tegniese fout op jou meter. Probeer om jou meter en hoof kragtoevoere af te skakel en wag ‘n paar minute. Skakel als weer aan en probeer weer die herlaaibewys in tik. As “Error 30” boodskap voortduur, kontak jou munisipaliteit wie ‘n tegnikus sal moet uitstuur om na jou meter te kom kyk.

Indien jy ‘n nuwe meter ontvang het of getrek het en nou ‘n nuwe meter het, sal jy steeds deur Prepaid24 kan koop. Al wat jy hoef te doen, is om jou meternommer te verander op jou MyPP24Profiel. Vind gerus die stappe om dit te doen hieronder:

  1. Teken in by jou MyPP24Profiel.
  2. Gaan na “Bestuur” en klik op “Nommers & Rekeninge”.
  3. Klik op “Bestuur Nommers” en kies “Elektrisiteitsmeters”.
  4. Vind die meter of munisipaliteit wat jy wil opdateer en verander die nodige inligting.
  5. Onder die meter/munisipaliteit wat jy verander het, klik op “Aksie” en dan “Verander”.

Ja, jy sal!

Ons kry elektrisiteit direk by jou munisipaliteit. As jy geregtig is tot gratis herlaaibewyse, sal jy twee bewyse ontvang: een vir jou aankoop & een vir die gratis eenhede wat jou toekom.

As jy onseker is of jy kwalifiseer vir gratis eenhede, kontak asseblief jou munisipaliteit om uit te vind & te registreer vir gratis eenhede indien dit nodig is.

Moet nie bekommer nie, dit gebeur gereeld – jou fondse is NIE verlore nie!

Kontak ons Aanlyn Ondersteuning. Een van ons professionele konsultante sal jou help om die saak op te los.

Ja, jy kan! Maak net seker dat die betalings nie presies dieselfde bedrag is wanneer jy meer as een betaling binne 5 dae doen nie. Dit sal verseker dat jou transaksie nie vertraag word nie en outomatiese verwerk word.

As jou betalings meer as 5 dae van mekaar af gemaak word, kan jy dieselfde bedrag weer gebruik.

Dit is baie belangrik dat die korrekte verwysingsnommer gebruik word sodat jou betalings vinnig verwerk kan word.

Hieronder is ‘n riglyn wat jy kan gebruik in sekere situasies: (LET WEL: Geen spasies of hakkies is toelaatbaar in verwysings nie)

  • As jy elektrisiteit wil koop vir jou primêre meternommer is jou verwysing as volg: E(Jou Geregistreerde Selnommer).
  • As jy lugtyd wil koop vir jou primêre selnommer, kan jy slegs die eerste letter van jou netwerkverskaffer gebruik (V vir Vodacom; M vir MTN; C vir Cell C; T vir Telkom) saam met jou geregistreerde selnommer.
    (VOORBEELD: As jy by Vodacom is en jou selnommer is 078 444 5555, sal jy V0784445555 gebruik as verwysing)
  • Indien jy Google Play Geskenkkodes koop, is jou verwysing G(Jou Geregistreerde Selnommer).
  • Indien jy Netflix Geskenkbewyse koop, is jou verwysing N(Jou Geregistreerde Selnommer).
  • Indien jy jou SmartFund wil befonds, is jou verwysing P(Jou Geregistreerde Selnommer).
  • As jy ander produkte buiten die bogenoemde koop OF veelvuldige produkte aankoop, sal jy ‘n unieke verwysingsnommer met ELKE bestelling ontvang. Hierdie nommer sal op die skerm verskyn nadat jy EFT Betaling as jou betalingsmetode gekies het. Jy kan hierdie verwysing slegs EENMAAL gebruik.

Jy kan steeds deur Prepaid24 koop!

Indien jy die Standaard EFT betalingsmetode gebruik, hoef jy slegs jou EFT betaling na ons ABSA Bankrekening te maak en vir ons ‘n PDF Bewys van Betaling te stuur aan admin1@prepaid24.co.za. Jou herlaaibewys sal dan na jou toe gestuur word via SMS en epos binne minute nadat jy die betaling gemaak het!

Hieronder is ons ABSA Bankrekening besonderhede vir jou om te gebruik in jou betalings aan ons:

Rekening Naam: Prepaid24
Rekeningnommer: 4074826482
Takkode: 632005

Onthou: Jy kan ook die Kits EFT via Ozow of Prepaid24 se SmartFund betalingsmetodes gebruik om inter-bank vertragings te vermy met EFT betalings.

Die minimum aankoopbedrag van Prepaid24 se produkte, is as volg:

  • Elektrisiteit: R10
  • Lugtyd: R2
  • Google Play Geskenkkodes: R50
  • Netflix Geskenkbewyse: R250
  • DSTV Betalings: R10

Enige ander produkte het ‘n vaste geskenkbewyse bedrag waar geen minimum beperking van toepassing is nie.

*FNB betalings van minder as R110 mag moontlike bankvertragings ervaar. Ons stel voor dat jy jou aankoopbedrae meer as R110 maak as jy deur FNB betaal.

Prepaid24 het nie ‘n toep nie, maar jy kan die skakel van jou MyPP24Profiel op jou foon se tuisskerm byvoeg. Hierdie skakel bied jou vinnige toegang tot alles van vinnige Produkaankope tot die besigtiging van jou Laaste 5 Herlaaibewyse en Munisipaliteit-Status (Aanlyn of Aflyn).

As jy jou MyPP24Profiel op jou foon wil stoor, kontak gerus ons Aanlyn Ondersteuning vir die stappe oor hoe om dit te doen.

Jy kan jou BTW nommer tot jou MyPP24Profiel voeg en wanneer jy jou elektrisiteitsherlaaibewys via e-pos ontvang, kan jy die e-pos aanhangsels gebruik as jou BTW faktuur. Wanneer jy die aanhangsel oop maak en na die onderkant gaan, sal jy “Customer VAT#” sien met jou BTW nommer langsaan. Jy kan hierdie strokies behou as BTW fakture vir die ondersteuning van jou SARS BTW eise.

Indien jy nog nie jou BTW nommer tot jou profiel/meternommer gevoeg het nie, kontak gerus ons Aanlyn Ondersteuning vir die stappe oor hoe om dit te doen.

As ‘n veiligheidsmaatreël word jou SmartFund fasiliteit outomaties gedeaktiveer wanneer jy jou SmartFund PIN verander. Kontak gerus ons Aanlyn Ondersteuning sodat een van ons professionele konsultante jou SmartFund vir jou kan heraktiveer.


"Hoe Doen ek" Stappe