ENG | AFR

Stappe om jou geskeduleerde EFT op jou bank op te stel

Vind die stappe hieronder om jou Geskeduleerde Aankoop op te stel (slegs vir bestaande Prepaid24 kliënte):

Absa Aanlyn Bankdienste

  1. Teken in by jou Absa aanlyn bankdienste en klik op Payments.
  2. Kies Recurring payments en voeg jou geskeduleerde betaling by.
  3. Kies jou Prepaid24-begunstigde.
    Hier is ons Absa-bankbesonderhede indien jy ons nog nie as ’n begunstigde bygevoeg het nie:
    Rekeningnaam: Prepaid24
    Rekeningnommer: 4074826482
    Tak: 632005
  4. Verskaf die betalingsbedrag.
  5. Kies die rekening waaruit jy die betaling wil maak.
  6. Kies die gereeldheid van jou betalings en stel ’n begin- en einddatum. Die stelsel sal die totale aantal betalings aandui.
  7. Verskaf die begunstigde (Prepaid24) en jou meternommer as jou aankoop verwysing.
  8. Klik op Next.
  9. Verskaf jou kennis van betaling-besonderhede, asook dié van die begunstigde, en klik weer op Next.
  10. Op die bevestigingsblad, maak seker dat al jou besonderhede korrek is.
  11. Klik Confirm.

Sodra hierdie stappe voltooi is, sal jou betalings volgens die skedule wat jy gekies het, verwerk word en sal jy jou herlaaibewyse of produkbevestigings ontvang.

Toep
Webtuiste

Capitec Toep

  1. Teken in by jou Capitec toep en kies die middelste Transact-knoppie.
  2. Kies Recurring/future-dated.
  3. Selekteer Payment.
  4. Kies jou Prepaid24-begunstigde.
    Hier is ons Capitec-bankbesonderhede indien jy ons nog nie as ’n begunstigde bygevoeg het nie:
    Rekeningnaam: Prepaid24
    Rekeningnommer: 1050768370
    Tak: 450105. Hierdie word outomaties ingevul wanneer jy Capitec Business as die bank kies.
    Let wel: Indien 470010 verskyn, is Capitec Bank gekies. Kies asseblief Capitec Business om betalingsprobleme te voorkom.
  5. Verskaf die betalingsbedrag.
  6. Kies die sirkel heel regs van Recurring.
    • Kies Choose frequency en stel die gereeldheid van jou betalings.
    • Kies die begindatum by Start date en einddatum by End date om die tydperk van die geskeduleerde betaling vas te stel.
  7. Onder Beneficiary reference, verskaf jou meternommer. Voeg ook ’n persoonlike beskrywing by onder My statement description.
  8. Kies Add.
  9. Bevestig deur Confirm te kies en voltooi die proses deur Done te kies.

Sodra hierdie stappe voltooi is, sal jou betalings volgens die skedule wat jy gekies het, verwerk word en sal jy jou herlaaibewyse of produkbevestigings ontvang.

Toep
Webtuiste

FNB Toep

  1. Teken in by jou FNB Toep.
  2. Kies Payments en daarna Scheduled Payments.
  3. Kies Add en dan New recipient.
  4. Kies Specify recipient account details.
  5. Kies Select bank/branch of Enter BIC code.
  6. Verskaf Prepaid24 se FNB-bankbesonderhede.
    Hier is ons FNB-bankbesonderhede indien jy ons nog nie as ’n begunstigde bygevoeg het nie:
    Rekeningnaam: Prepaid24
    Rekeningnommer: 62240938003
    Tak: 261050
  7. Verskaf die vereiste inligting, insluitend die rekening, bedrag, verwysingsnommers en geskeduleerde betalingsdatums.
  8. Bevestig die transaksie en kies Finished.

*Let asseblief dat jou meternommer as jou aankoop verwysing vir hierdie geskeduleerde betaling gebruik moet word.

Sodra hierdie stappe voltooi is, sal jou betalings volgens die skedule wat jy gekies het, verwerk word en sal jy jou herlaaibewyse of produkbevestigings ontvang.

Toep
Webtuiste

Nedbank Toep

  1. Teken in by jou Nedbank Toep.
  2. Gaan na Overview en kies My accounts.
  3. Skuif die skerm na links en gaan na Investments.
  4. Gaan na Features en kies Recurring payments.
  5. Verskaf die volgende inligting:
    • Die gereeldheid van jou betalings
    • Die dag waarop die betaling gemaak moet word
    • Die bedrag wat jy elke keer wil betaal
    • Die rekening waaruit die betalings gemaak moet word
  6. Kies Set up.

Hier is ons Nedbank-bankbesonderhede indien jy ons nog nie as ’n begunstigde bygevoeg het nie:
Rekeningnaam: Prepaid24
Rekeningnommer: 1216135916
Tak: 121617

*Let asseblief dat jou meternommer as jou aankoop verwysing vir hierdie geskeduleerde betaling gebruik moet word.

Sodra hierdie stappe voltooi is, sal jou betalings volgens die skedule wat jy gekies het, verwerk word en sal jy jou herlaaibewyse of produkbevestigings ontvang.

Toep
Webtuiste

Standard Bank Toep

  1. Teken in by jou Standard Bank Toep.
  2. Op die tuisblad, kies Transact en daarna Pay.
  3. Vind jou Prepaid24-begunstigde en kies PAY langs dit.
    Hier is ons Standard Bank-bankbesonderhede indien jy ons nog nie as ’n begunstigde bygevoeg het nie:
    Rekeningnaam: Prepaid24
    Rekeningnommer: 281673195
    Tak: 050017
  4. Op die betalingsbesonderhede-skerm, kies die rekening waaruit jy wil betaal onder From.
  5. Onder To, bevestig die bedrag wat jy wil betaal en kies Schedule Payment om die betaling op te stel:
    • Trek die skakel langs Schedule this payment na regs.
    • Kies die gereeldheid van jou betalings onder How often.
    • Kies die hoeveelheid betalings onder Number of payments.
    • Stel jou eerste betalingsdatum onder First payment date.
  6. Kies DONE regs bo.
  7. Die aantal geskeduleerde betalings sal op die betalingsbesonderhede-skerm verskyn. Kies REVIEW regs bo.
  8. Bevestig dat al die inligting korrek is en kies CONFIRM regs bo om die opstelling te voltooi.

*Let asseblief dat jou meternommer as jou aankoop verwysing vir hierdie geskeduleerde betaling gebruik moet word.

Sodra hierdie stappe voltooi is, sal jou betalings volgens die skedule wat jy gekies het, verwerk word en sal jy jou herlaaibewyse of produkbevestigings ontvang.

Sien jy nie jou bank nie?

Terwyl ons tans slegs stap-vir-stap gidse vir Suid-Afrika se vyf grootste banke verskaf, laat meeste banke jou wel toe om geskeduleerde of herhalende EFT betalings via jou aanlynbankdienste of banktoep op te stel.

Om voort te gaan, voeg Prepaid24 se Absa-bankbesonderhede as ’n begunstigde by:
Rekeningnaam: Prepaid24
Rekeningnommer: 4074826482
Tak: 632005

Daarna kan jy jou betaling vir jou gekose datum en bedrag skeduleer deur jou meternommer as aankoop verwysing te gebruik.

*Let asseblief daarop dat betalings tot-en-met 48 uur kan neem om te reflekteer as gevolg van interbank-verwerkingsvertragings.