Gebruik Jou Kredietkaart vir Aanlynaankope

As jy jou kredietkaart wil gebruik om al jou voorafbetaalde noodsaaklikhede te koop, het Prepaid24 die perfekte oplossing vir jou!

As jy graag jou elektrisiteit, lugtyd of data met jou kredietkaart wil koop, kan jy gebruik maak van die Prepaid24 SmartFund fasiliteit. Deur die SmartFund te gebruik, kan jy fondse op jou Prepaid24 rekening laai met ‘n kredietkaart betaling deur PayFast en dan die beskikbare krediet gebruik om al jou produkte & bewyse te koop.

PayFast fasiliteer kredietkaart betalings vir verskeie nasionale maatskappye en het gedurende die afgelope 10 jaar werklik ‘n huishoudelike naam in die aanlyn betalingsmark geword.

Neem asseblief kennis dat daar ‘n 3.75% fooi deur PayFast gehef word vir die verwerking van alle kredietkaart transaksies. Hierdie fooi sal van jou SmartFund befondsingsbetalings afgetrek word, met die balans wat dan aan jou Prepaid24 rekening gekrediteer word.

Indien jy sou verkies om met ‘n EFT te betaal, is jy welkom om ons Kits EFT via Ozow of ons Standaard EFT te gebruik.

Koop Nou