ENG | AFR

Koop Jou Elektrisiteit by die Deskundiges

Maandelikse Elektrisiteit Uiteensetting

Bestuur jou elektrisiteit uitgawe soos 'n kundige.

Dit is moeilik om tred te hou van maandelikse elektrisiteitsuitgawes, veral waneer daar meer as een persoon is wat vir dieselfde meter koop.

Ons het ons Maandelikse Elektrisiteit Uiteensetting bekendgestel om vir jou ’n eenvoudige verslag te gee wat al jou vorige maand se kragaankope wys met die hoeveelheid eenhede wat jy ontvang het. Hierdie verslag verskaf ook jaarlikse bestedingspatrone en beurtkragopsommings.

Neem beheer van jou elektrisiteitsbegroting SONDER om ’n Excel-Guru te wees. Gebruik Prepaid24 en laat ons die harde werk vir jou doen.

Sluit Aan Lees Meer
Aankoopherinneringe

Ons gebruik WhatsApp om jou ligte aan te hou.

WARE STORIE: Jy sit in die donker en vermoed dat jou beurtkrag-toep dalk hul feite verkeerd gehad het. NOG 'n onverwagse beurtkrag-sessie... Net om later te besef dat jou kragmeter se eenhede EINTLIK net opgeraak het. Nie lekker nie.

Ons weet dat jy belangriker dinge het om te onthou as om elektrisiteit te koop, en daarom gee ons vir ons kliënte die vermoë om GRATIS WhatsApp Aankoopherinneringe op te stel vir dae van hul keuse.

Dis reg, ons kan jou kragaankope vir jou onthou! Niks meer bekommernisse of onbeplande duisternis nie. Net 'n vriendelike herinnering wanneer jy dit nodig het.

Sluit Aan Lees Meer
Geskeduleerde Aankope

Ware Gerief = Opstel & Vergeet

Met Prepaid24, kan jou herlaaibewyse elke maand outomaties aan jou gestuur word – sonder dat jy ‘n vinger hoef te lig!

Hoekom nie jou kragaankope vooruit skeduleer met Suid-Afrika se aanlyn elektrisiteitskenners nie? Geen verpligtinge of ekstra fooie nie. Jy kan jou aankoop ook enigetyd wysig of kanselleer.

Jy hoef geen webblad of banktoep maandeliks te besoek nie. Ontvang jou herlaaibewyse eenvoudig via SMS en e-pos! Laat ons jou help om NOOIT weer oor elektrisiteitsaankope te bekommer nie.

Sluit Aan Lees Meer

Verken al Prepaid24 se aanlyn noodsaaklikhede & wêreldklas handelsmerke:


Besigheidsdienste

Grootmaat Oplossings vir Jou Besigheid

Om lugtyd, data, elektrisiteit of geskenkbewys aankope vir ‘n besigheid te maak neem BAIE tyd, en soos die gesegde lui: “Tyd is geld!”

Ons stel besighede van alle groottes in staat om aankope van tot-en-met 10,000 nommers maklik op te laai en verwerk hierdie bestellings binne ‘n uur. Ons produkreeks is divers, aankope en nommerbestuur is moeiteloos en ons toegewyde besigheidskonsultante is toeganklik.

Laat ons jou help om hulpbronne beter te bestuur, teikens te bereik en jou daaglikse werkslas optimaal te hanteer met ons grootmaat aankoopoplossing vir besighede.

Sluit Aan Lees Meer

Sluit aan by duisende gelukkige Suid-Afrikaners!

Z
Zee
HelloPeter

Uitstekende diens Prepaid24! Hulp is altyd beskikbaar en die konsultante is ten volle bevoeg. Hulle is vriendelik en maklik om mee te werk.

Ek kom van 6 jaar se kliëntediens-ervaring en hierdie is by vêr die beste diens wat ek nog gesien het!

J
Jean
Google My Business

Prepaid24 is eenvoudig die beste! Transaksies is maklik, vinnig en veilig. As 'n probleem opduik, word dit uitgesorteer terwyl jy aanlyn is en hulle diens is vriendelik en professioneel.

Prepaid24, julle diens word baie waardeer. Hou so vol!

T
Tash
Survey Monkey

Ek gebruik Prepaid24 al vir baie jare en sal NOOIT iemand anders gebruik nie. Hulle is absoluut die BESTE – die gerieflikste manier om krag te koop!

Vinnige antwoorde, onmiddellike herlaaibewyse en vriendelike diens. Ek sal ALTYD Prepaid24 aanbeveel.