Prepaid24 Kliënte Terugvoer
Ons Top
hellopeter Komplimente
Michaela, dankie dat jy eienaarskap geneem het en my gehelp het met my navraag. Die interaksie op die webtuiste was uitstekend en oombliklik. Dankie. Ek hoop dat Prepaid24 van krag tot krag sal groei.
~ Ian
29 Junie 2022
Prepaid24 het uitmuntende diens! Shario was geweldig behulpsaam en het my geduldig gehelp. Hy het my probleem binne minute opgelos en gebel om seker te maak dat ek verstaan waar ek verkeerd gegaan het. Uitstekende diens Prepaid24!
~ Vanessa
18 Julie 2022
Sulke wonderlike en effektiewe diens! Voordat ek ordentlik kon registreer, het Fabian my gebel en verwelkom by Prepaid24 en my alles gegee om vinnig als op te stel. Hy het gehelp om al my besonderhede te bevestig en ek was verbaas met hoe vinnig die oproep deurgekom het. Ek sien uit om julle langtermyn kliënt te wees. Julle "Oortref my Verwagtinge".
~ Shaun
25 Jan 2021
Ek wil graag vir Caleb van Prepaid24 aanbeveel. Hy het my gehelp met my munisipale rekening vanoggend en die proses was maklik en eenvoudig. Caleb was baie geduldig en behulpsaam om my probleem met my betaling perfek uit te sorteer. Hierdie was nadat ek rondgestuur was deur die munisipaliteit kantore. Dankie Prepaid24!
~ Brenda
21 Sept 2022
Baie indrukwekkende diens! Om op te teken en 'n betaling te maak vir voorafbetaalde elektrisiteit was SO eenvoudig - hulle kom beslis hul kliëntediens belofte na. Ek het binne minute 'n oproep van Stacey ontvang, wie gevra het of ek enige hulp benodig. Knap gedaan!
~ Brahm
19 March 2021
Ons gebruik Prepaid24 vir al 'n hele paar jaar en ons het die mees uistekende diens ontvang. Die konsultante, soos Zeeta, is so plesierig om mee te werk: hou mens op hoogte, is kundig en behulpsaam. Dankie, julle is net iets anders!
~ Charlotte & Richard
12 Jul 2021
Dankie Bronwyn van Prepaid24, jy weet verseker hoe om 'n plan te maak en jou diens was vinnig en vriendelik. Hierdie is hoe ons vooruitgang kan bereik in Suid-Afrika. Dankie Prepaid24!
~ Christman
27 Feb 2023
Ek het 'n probleem met my herlaaibewys gehad en Deano het my gehelp om die probleem in net 8 minute uit te sorteer! Ek kon selfs die vorige maand se herlaaibewys invoer wat nie voorheen wou werk nie. Prepaid24 is uitstekend en hulle aanlyndiens is die beste! Ek beveel hulle hoogs aan!
~ Christo
2 Feb 2023
Ek het perongeluk 'n betaling gemaak, maar was spoedig gehelp deur Veronique. Sy het die probleem binne oomblikke uitsorteer en uitstekende diens gelewer. Ek is so dankbaar vir Prepaid24!
~ Eon
30 Jan 2023
Dankie Theo vir jou vriendelike en vinnige bystand om my verlore herlaaibewys te kry nadat ek verkeerdelik inligting op my profiel opdateer het. En dankie Prepaid24, julle het my dag gemaak!
~ Marinda
25 Oct 2022
Ons Top
Google Komplimente
Ek het vinnige en effektiewe terugvoer vanaf Angé ontvang met verband tot my navraag. Al die konsultante by Prepaid24 lyk of hulle goed opgelei is en gretig is om enige uitdaging wat 'n kliënt het, op te los. Dankie vir die uitstekende diens!
~ Shaun
24 Jan 2021
Laetitia het die beste diens vir my gebied en my gehelp met 'n baie klein ding. Prepaid24 is so ver die beste besigheid en webtuiste wat ek nog gebruik het en hulle bied die beste diens waarvoor 'n verbruiker kan vra. Dankie!
~ Devone
20 Sept 2022
Dis 'n voorreg en vreugde om deur mense by Prepaid24 gehelp te word. Dankie Deano en Gené dat julle altyd professioneel, vriendelik en behulpsaam is in julle bystand! Ek waardeer werklik die uitmuntende diens van Prepaid24!
~ Sarel
24 Junie 2022
Kwezi was so behulpsaam, effektief en geduldig om my geregistreer te kry om krag aanlyn deur Prepaid24 te koop. Hy is 'n wonderlike ambassadeur vir Prepaid24 en 'n duidelike aanwins tot die span. Dankie Kwezi!
~ Joanna
12 Feb 2022
Deur al die jare het ek nog net uitstekende diens van al die personeel by Prepaid24 ervaar. Hulle is vriendelik en effektief in hulle bystand. Hierdie keer, dankie aan Tarryn vir die hulp!
~ Annelien
27 Nov 2022
Ek het vir die eerste keer my krag deur Prepaid24 gekoop vandag. Ek het die verkeerde meternommer ingevoer en Tiaan-Johan het gehelp om my fout reg te stel. Ek is baie tevrede met die spoedige terugvoer en die wonderlike hulp wat ek ontvang het. Ek beveel Prepaid24 vir enigiemand aan wie onmiddellike aanlynaankope moet maak.
~ Mxolisi
30 Jan 2021
Xena van Prepaid24 het my gehelp om my elektrisiteit herlaaibewys in minder as 10 minute op te spoor! Jy is 'n ster! Dankie Xena & Prepaid24 vir spoedige en professionele diens!
~ Amanda
12 Jun 2023
Die personeel by Prepaid24 is altyd reg om jou vinnig en effektief te help. Ek het vanaand hulp benodig en Zandré het my binne 'n paar minute gehelp. Alles was uitsorteer op 'n professionele manier. Dankie vir asemrowende diens!
~ Jessica
30 Jul 2023
Ek is baie beïndruk met Prepaid24. Hulle webtuiste is maklik om te gebruik en as daar 'n probleem is, help die aanlyn span vinnig om jou probleem op te los. Dankie Prepaid24 vir uitstekende diens!
~ Elbe
06 Jan 2023
Ek het 'n navraag gehad oor 'n paar eenhede wat ek gekoop het, maar nie ontvang het nie. Ek was vinnig deur Nixon gehelp wie my navraag in 'n e-pos aan my opgelos het. Dankie Prepaid24, julle het uitmuntende diens. Hou so aan.
~ Michael
19 April 2023