
Steve Tshwete Aanlyn Betalings
Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit, in vennootskap met Utilities World en Prepaid24, bied jou met vinnige en veilige aanlynbetalings.
Prepaid24 is sedert 2016 Steve Tshwete se betroubare aanlyn betalingsvennoot. As 'n Steve Tshwete inwoner kan jy jou munisipale rekeninge enige tyd besigtig en betaal, elektrisiteit onmiddellik koop, en maandelikse rekeningverslae ontvang – registreer eenvoudig by Prepaid24!
Begin Vandag met Prepaid24
Hoe om Aan te Sluit by Prepaid24
- Gaan na Prepaid24 Sluit Aan.
- Kies jou taalvoorkeur en vul die nodige inligting in. Wees seker om jou hoof munisipale rekeningnommer in te vul en nie jou meternommer nie.
- Merk die terme en voorwaardes boksies om beide Prepaid24 en jou munisipaliteit se voorwaardes te aanvaar.
- Klik op “Bevestig jou besonderhede”, dan “Bevestig Naam + Adres” en “Sluit Aan”. (Welkom by Prepaid24!)
- Voer die bedrag in wat jy vir elke sub-rekening wil betaal of klik op “Vereffen”. (Om ook krag te koop, vereffen eers al jou uitstaande bedrae).
- Klik op "Voltooi Aankoop", bevestig jou bestelling en klik op "Betaal Nou".
- Kies jou betalingsmetode en volg die stappe om jou betaling te voltooi.
Hoe om Munisipale Rekeninge te Betaal en Krag te Koop
- Teken in by jou MyPP24Profiel met jou geregistreerde selnommer en wagwoord.
- Op jou profiel tuisblad, klik op "Koop".
- Klik op "Steve Tshwete", kies die rekening waarvoor jy wil betaal en klik op "Besigtig/Betaal".
- Spesifiseer die bedrag wat jy wil betaal vir elke rekening of klik op “Vereffen” om die volle bedrag te betaal.
- Om elektrisiteit te koop, vereffen eers jou agterstallige rekeninge. Voer jou aankoopbedrag onder “Koop Elektrisiteit” in. Klik op "Voltooi Aankoop".
- Op die “Voltooi Aankoop” blad, bevestig jou bestelling en klik dan “Betaal Nou”.
- Kies jou betalingsmetode en volg die stappe om jou betaling te voltooi.
Jy sal jou herlaaibewyse binne oomblikke na jou betaling via WhatsApp en e-pos ontvang!
Opwindende nuus: Jy kan nou jou munisipale rekeninge en elektristiet koop en betaal, direk op WhatsApp! Sien die WhatsApp Koop en hoe om te koop gedeeltes hieronder om meer te leer.
Betaal Op Jou Manier - 3 Gerieflike Opsies
EFT Betaling
Maak 'n EFT betaling van jou aanlyn bankdienste tot ons bankrekening. Jy sal jou herlaai- of koopbewyse binne 15 minute ontvang. Onthou om die korrekte verwysingsnommer te gebruik wanneer jy jou betaling maak. Lees Meer
Ozow - Betaal deur Bank
Met geen bank vertragings of wagperiodes om jou herlaai- of koopbewyse te ontvang nie, is hierdie die vinnigste manier om Prepaid24 te gebruik. Lees Meer
SmartFund
Die SmartFund is jou Prepaid24 "beursie" fasiliteit en laat kliënte toe om onmiddellik en moeiteloos aan te koop. Dit kan befonds word deur ‘n betaling via Ozow, ‘n EFT betaling of kredietkaart. Wanneer jy die SmartFund gebruik, word jou transaksies onmiddellik verwerk. Lees Meer
Gesels Aanlyn met Ons
Prepaid24 se Aanlyn Ondersteuningspan is 365 dae van die jaar beskikbaar, vanaf 7 vm tot 11 nm. Jy kan met een van ons professionele konsultante gesels op Prepaid24 se Gesels Gou funksie of via ons WhatsApp Ondersteuning nommer. Jy kan ook ‘n E-pos Navraag indien, waarop ons jou binne 15 minute sal beantwoord.
Versoek 'n Oproep
Vir een van ons vriendelike en professionele kliëntediens konsultante om jou te bel, kies gerus die “Bel My Asseblief”-knoppie op ons Sluit Aan webblad. Voer jou kontakbesonderhede, saam met ‘n gepaste tyd vir ons om jou te skakel, in (enige tyd tussen 7 vm en 11 nm), en ons sal met jou in kontak kom.
Het jy 'n paar vrae?
Vir Prepaid24 se volle lys van Gereelde Vrae, gaan na ons Hulp Sentrum webblad. Hier is ‘n paar vrae om jou aan die gang te kry:
1) Kan ek my munisipale rekeninge aanlyn besigtig en betaal?
Ja, jy kan! Jy hoef eenvoudig aan te sluit by Prepaid24 en die eenvoudige stappe te volg wat verskyn. Daar is ook geen ekstra kostes nie!
2) Hoe lank neem dit vir my betalings om te reflekteer?
Munisipale betalings wat deur Prepaid24 gemaak word, reflekteer onmiddellik op jou munisipale rekening balans, met ‘n betaling-bevestiging wat binne oomblikke aan jou gestuur word. Elektrisiteit herlaaibewyse word ook binne oomblikke nadat jou betaling gemaak is gestuur.
3) Watter ander produkte kan ek by Prepaid24 koop?
Prepaid24 verskaf ‘n wye verskeidenheid van aanlyn produkte, insluitend voorafbetaalde lugtyd, data, Google Play, Netflix, Showmax, Uber, Pick ‘n Pay en Spotify geskenkbewyse. Jy kan al hierdie (en soveel meer) met 'n enkele betaling deur Prepaid24 koop.
4) Aanvaar julle kredietkaart betalings?
Alhoewel ons nie ‘n direkte kredietkaart betalingsopsie het nie, kan jy jou kredietkaart gebruik om jou Prepaid24 SmartFund fasiliteit te befonds. Die beskikbare krediet op jou SmartFund kan dan gebruik word om al jou munisipale betalings en aankope te doen. Let wel dat ‘n 4% fooi op alle kredietkaart transaksies gehef word.
Betaal Rekenings & Koop Krag op WhatsApp – Vinnig, Maklik & Veilig
Steve Tshwete is nou amptelik die eerste munisipaliteit in Suid-Afrika met ’n volledig geïntegreerde WhatsApp betalingskanaal vir beide munisipale rekeninge én voorafbetaalde elektrisiteit.

Betaal Rekeninge & Koop Krag op WhatsApp – Vinnig, Maklik & Veilig
Steve Tshwete is nou amptelik die eerste munisipaliteit in Suid-Afrika met 'n volledig geïntegreerde WhatsApp betalingskanaal vir beide munisipale rekeninge én voorafbetaalde elektrisiteit.
As ’n Steve Tshwete inwoner, kan jy nou:
- Jou maandelikse munisipale rekeninge vereffen
- Voorafbetaalde elektrisiteit koop
- Met die Prepaid24 SmartFund of 'n betaling via Ozow
- Kry jou herlaaibewyse of betalingsbevestigings onmiddellik
Alles gerieflik via WhatsApp!
Geen lang toue. Geen toeps om af te laai nie. Geen moeite.
Hoe koop ek op WhatsApp?
Volg die stappe hieronder om jou Steve Tshwete munisipale rekeninge te betaal en krag te koop via WhatsApp:
- Stoor ons nommer: 060 012 2010 (noem dit “Prepaid24 – Koop” of enige ander naam wat jy verkies)
- Maak die WhatsApp gesprek oop en stuur “Hi”
- Kies “Steve Tshwete” vanuit die produklys
- Verskaf die bedrae wat jy aan jou munisipale rekeninge en elektrisiteit wil betaal
- Betaal met óf die Prepaid24 SmartFund óf 'n betaling via Ozow
- Ontvang jou herlaaibewys en/of betalingsbevestiging binne sekondes – ook op WhatsApp!