LiveZilla Live Chat Software

Nood Elektrisiteit

Met die Prepaid24 Nood Elektrisiteit™ (Emergency Electricity™) fasiliteit sal jy NOOIT onkant gevang word nie.

Nood Elektrisiteit

Het JY al ...

  • uit elektrisiteit geraak op die mees ongerieflike tye?
  • nodig gehad om rond te ry in die aand om geld te trek en ‘n winkel te soek wat aanlyn is?
  • vrugtelose besoeke aan winkels gemaak om prepaid elektrisiteit te koop, net om uit te vind dat hulle van lyn af is?
  • ooit moes wag vir jou munisipaliteit om aanlyn te kom voordat jy elektrisiteit kon koop?

Jou Nood Elektrisiteit word nie soos al die ander bewyse per sms aan jou gestuur nie maar word - net vir jou gebruik in noodgevalle - in MyPP24Profiel gestoor.  Teken eenvoudig in by jou sekuur MyPP24Profiel vir die herlaaibewys nommer en pons dit in jou meter in.

Wat die Nood Elektrisiteit opsie so gerieflik maak, is die feit dat jy kan beplan om nie onverhoeds sonder elektrisiteit gevang word nie!
Indien jy enige verdere navrae het, is jy welkom om met ons vriendelike konsultante te gesels.