LiveZilla Live Chat Software
fullslide2 fullslide2

Gebruik Jou Kredietkaart vir Aanlynaankope

As jy jou kredietkaart wil gebruik om al jou voorafbetaalde noodsaaklikhede te koop, het Prepaid24 die oplossing wat dit moontlik maak.

Ons maak gebruik van PayFast om al ons kredietkaart transaksies te fasiliteer. Hulle fasiliteer kredietkaart betalings vir verskeie nasionale maatskappye en het gedurende die afgelope 10 jaar werklik ‘n huishoudelike naam in die aanlyn betalingsmark geword.

Neem asseblief kennis dat daar ‘n 3% fooi deur PayFast gehef word vir die verwerking van alle kredietkaart transaksies. Hierdie is ‘n persentasie van jou bestelling en sal deelmaak van jou transaksie totaal.

Verskeie produkte kan direk via kredietkaart gekoop word op Prepaid24. Dit sluit voorafbetaalde elektrisiteit, lugtyd en data ongelukkig nie in nie.

As jy graag jou elektrisiteit, lugtyd of data met jou kredietkaart wil koop, dan kan jy gebruik maak van die Prepaid24 SmartFund fasiliteit. Deur die SmartFund te gebruik, kan jy fondse op jou Prepaid24 rekening laai met ‘n kredietkaart betaling deur PayFast (met die 3% fooi afgetrek) en die beskikbare krediet gebruik om al jou produkte & bewyse te koop.

Indien jy sou verkies om met ‘n EFT te betaal, is jy welkom om ons Kits EFT via Ozow of ons Standaard EFT te gebruik.

Koop Nou