LiveZilla Live Chat Software
fullslide2 fullslide2

Prepaid24 Geskeduleerde Aankope

Ons almal weet hoe dit voel wanneer ons vergeet het om elektrisiteit, lugtyd, Netflix of Google Play bewyse te koop. Om die minste te sê: Dit is nie baie lekker nie!

Talle van ons kliënte is al deur die bogenoemde situasie geraak (en onsself het al “meer as genoeg” persoonlike ervaringe met die dilemma), daarom het Prepaid24 ons Geskeduleerde Aankope funksionaliteit ontwikkel.

Prepaid24 se Geskeduleerde Aankope stel kliënte in staat om hul noodsaaklike aanlyn aankope te skeduleer sodat hulle outomaties gedoen word op datums van hul keuse. Dit verwyder die risiko om heeltemal te vergeet en beteken dat kliënte werklik kan ontspan, wetende dat hulle maandelikse aankope afgehandel is. (Jy sal net doodgewoon ‘n e-pos en SMS ontvang wat jou suksesvolle aankoop bevestig – so maklik soos dit!)

‘n Paar van die produkte waarvoor jy ‘n geskeduleerde aankoop by Prepaid24 kan opstel, is:

  • Voorafbetaalde Elektrisiteit
  • Voorafbetaalde Lugtyd
  • Netflix geskenkbewyse
  • Google Play geskenkkodes

Jy kan ook jou SmartFund befonds deur ‘n geskeduleerde betaling op te stel, wat klokslag elke maand uitgevoer sal word. Die SmartFund fasiliteit funksioneer soos ‘n voorafbetaalde “beursie” en verseker dat jy nooit hoef te wag vir die verwerking van betalings wanneer jy aanlyn aankope maak nie. Jy kan onmiddellike produklewering geniet – 24/7! Vir meer oor die SmartFund, besoek gerus SmartFund.

Geskeduleerde EFT betalings kan op jou aanlynbankdienste opgestel word en het menigde voordele bo debietorders, insluitend laer kostes en meer buigbaarheid in terme van betalingsbedrae, datums en tydsduur.

Indien jy enige vrae het of hulp benodig met die opstel van ‘n geskeduleerde Prepaid24 aankoop, kontak ons gerus op: Prepaid24 Ondersteuning. Een van ons vriendelike Kliëntediens konsultante sal jou met graagte help!

Kontak Ondersteuning