ENG | AFR

Meer oor Prepaid24

ONS DROOM

Dit is ons droom om die lewensgehalte van al die mense met wie ons in aanraking kom te verbeter – ons kliënte, werknemers, vennote, gesinne en vriende – en sodoende ’n positiewe verskil in ons gemeenskappe te maak.

ONS HEG WAARDE AAN:

  • Openhartige, eerlike verhoudings en kommunikasie
  • Warm, respekvolle vriendelikheid
  • Nederigheid en betroubaarheid
  • ’n Positiewe span- en gesinsgees
  • Passie en vasberadenheid
  • Innoverende verandering
  • Toerekenbaarheid en verantwoordelikheid
  • Integriteit en deursigtigheid
  • Goeie rentmeesterskap
  • Gesonde humor en pret

WAT BETEKEN DIT IN JOU WERELD?

Het jy jouself al in ‘n situasie bevind waar jy uit elektrisiteit gehardloop het, in jou kar moes klim op ‘n ongerieflike tyd om elektrisiteit by ‘n vulstasie of winkel te gaan koop, net om daar te kom en te hoor dat die sisteme van lyn af is en dat jy later moet terugkom?

Of het jy al aanlyn elektrisiteit probeer koop, net om uit te vind dat daar versteekte kostes of konstante probleme met jou transaksies opduik?

By Prepaid24 verstaan ons hierdie uitdagings en ons het dit ons missie gemaak om te verseker dat jy hul nooit weer hoef te ervaar nie. Ons is in die “Mense” besigheid en dit is ons hoop dat ons omgee vir jou – ons kliënt – in elke interaksie met ons diens, duidelik sal wees.

ONS BIED JOU:

  • Die gemoedsrus dat jou transaksies geprioritiseer sal word en so spoedig moontlik ons stiptelike aandag sal geniet;
  • Vriendelike, stiptelike en doeltreffende kommunikasie deur ons aanlyn ondersteuningsfasiliteit, wanneer ook al daar ‘n uitdaging met enige van ons prosesse ondervind word;
  • Die gerief om transaksies te doen – enige tyd, en op enige plek;
  • Gerustheid in die wete dat ons van vakkundige kennis, ervaring en tegnologie gebruik maak;
  • Die sekerheid dat ons die privaatheid en veiligheid van jou persoonlike informasie respekteer.

ONS BESIGHEID

By Prepaid24 spesialiseer ons in die verkoop van voorafbetaalde produkte vir al die grootste Munisipaliteite in Suid-Afrika en hoof Sellulêre Kommunikasienetwerke. Van die munisipaliteite wat ons verteenwoordig is Stad Kaapstad, Johannesburg, Tshwane, George en Mangaung – om maar net ’n paar te noem. Prepaid24 kan ook meer as 3,6 miljoen voorafbetaalde elektrisiteitsmeters van ESKOM regoor die land herlaai.

  • Prepaid24 (Pty) Ltd Registrasie Nommer: 2015/332247/07
  • Direkteure: Mnr. LE Lindeque; Dr. H le Roux
  • Besigheidsargitek en visie: Ben Lindeque
  • Senior Operasionele Strateeg: Corné du Toit
  • Finansies: Annabie Minnaar
  • Kliënte- en Tegniesie Ondersteuningsbestuurder: Robyn Nell-Mostert
  • Besigheidstelsels: Suné Eloff
  • Kommunikasie: Corné Lindeque

Prepaid24 het ook die volgende handelsmerke geregistreer:
SUID-AFRIKA – Handelsmerk aansoek nrs. 2014/15236-7 en 2014/15258-9 vir 24-7 EMERGENCY ELECTRICITY
Fisiese adres: 82 Dolweni Laan, Boskruin, Randburg, 2154

GESELS MET ONS

Sou jy enige vrae hê of addisionele hulp of informasie benodig, het ons ‘n vriendelike en professionele span van kliëntediens konsultante wie jou met graagte sal help vanaf 7 vm – 11 nm, elke dag van die jaar!

Om ons aanlynondersteuning nou te kontak, besoek gerus: Prepaid24 Aanlynondersteuning