ENG | AFR

Doen Veelvoudige Transaksies Binne Oomblikke

Die Perfekte Besigheidsoplossing

Gedurende die afgelope dekade se aanlyn diens van klein besighede en groot ondernemings, het Prepaid24 tot ‘n intieme begrip van die unieke uitdagings en behoeftes van korporatiewe kliënte gekom.

Meeste besighede het meer as een selfoon om te herlaai met lugtyd en DATA, en het ook gereeld meer as een perseel om elektrisiteit voor te herlaai. En vir groter besighede, neem die maandlikse herlaai van hierdie nommers menige ure (en soms dae) van ‘n maand op.

Hoë per-transaksie kostes vir besighede met ‘n groot aantal nommers om te herlaai veroorsaak onrealistiese maandelikse onkostes, sonder dat daar enige goeie alternatiewe opsies beskikbaar is.

Dit is met hierdie unieke uitdagings in gedagte en deur bedagsame samewerking met kliënte dat ons ons Korporatiewe Dienste aanbieding ontwikkel het, met voorsiening vir groot en klein besighede.

Die hoofdoel agter Prepaid24 se Korporatiewe Dienste is om besighede geld en tyd te spaar, asook om hulle met persoonlike kliëntediens en onvergelykbare gerief te verskaf.

Neem asseblief kennis: Prepaid24 hef 'n 7.5% diensfooi op alle Besigheidsdienste transaksies. Indien uitsonderlike hoë volumes aangekoop of herlaai word, kan laer diensfooi-opsies ondersoek word.

Sluit aan         Teken in

Download Prepaid24 Business Services PDF Brochure
Click to download the Prepaid24 Business Services booklet.

Kies 'n opsie vir meer inligting:

Die Prepaid24 Besigheidsprofiel is waar jy as Prepaid24 Besigheidsdienste kliënt jou maatskappy besonderhede en inligting kan bestuur, jou transaksievoorkeure kan opstel en noodaaklike dokumentasie kan aanvra.

Die Prepaid24 Besigheidsprofiel gee vir jou vrede en gerief in die bestuur van jou aankope en stel jou in staat om die volgende te doen:

  • jou geregistreerde produkte en dienste te besigtig
  • jou verwysingsnommers te bevestig
  • die balans van jou SmartFund fasiliteit te besigtig en aan te vul
  • jou aankoopgeskiedenis & inligting te besigtig
  • jou maatsappy inligting te bestuur
  • Proforma’s & BTW-fakture aan te vra; en
  • SEB sertifikate & transaksie-dokumentasie te versoek

Boonop al die bogenoemde funksies, bied die Prepaid24 Besigheidsprofiel jou ook die gerief om grootmaat transaksies met ‘n enkele betaling te voltooi

Wanneer dit kom by die bestuur en uitvoer van jou voorafbetaalde besigheidsaankope, is die Prepaid24 Besigheidsprofiel die regte plek om te wees.

Doen besigheidsherlaaiings in 'n oogwink! Die bestuursinstrument waarop baie werkgewers gewag het!

Met hierdie fasiliteit kan u meer as 50 selfone (sowel as voorafbetaalde elektrisiteitsmeters, indien nodig) herlaai deur slegs een betaling te doen.

Korporatiewe herlaaibetalings kan deur middel van EFT of deur ons SmartFund-fasiliteit geskied.

U kan baie moeitevolle transaksies uitvoer deur eenvoudig by u MyPP24Profile aan te meld, die lys nommers op te laai wat u wil herlaai, en 'n enkele betaling te maak met u unieke transaksienommer wat na die oplaai ontvang is.

Ons vertrou dat u, soos baie ander besighede het, die gemak sal verwelkom om lugtyd en elektrisiteit vir u besigheid en arbeidsmag gelyktydig, vinnig en doeltreffend te kan oplaai.

Lees gerus meer oor diePrepaid24 Besigheidsprofiel

Prepaid24 het verskeie eGift-produkte wat u in staat stel om geskenke aan kliënte en werknemers elektronies te koop en te stuur.

Hierdie produkte sluit in:

∙ Netflix Bewyse
∙ Google Play Geskenk Kodes
· Gaming Bewyse - Playstation, Xbox
· Microsoft Bewyse - Office365 Home, Office365 Business
· Anti-virus Bewyse - Norton, Kaspersky
· Uber Bewyse
· Musiek Bewyse - Spotify

Lugtydpryse vir adverteerondernemings en Besighede

Weg is die voorraaduitdagings vir kompetisies of promosies. WEG is die dae waarop u grootmaat hoef te koop wanneer u LUGTYD as prys moet uitdeel!

Met 1VOUCHA, is u kompetisie en promosie hoofpyn iets van die verlede.

Die 1VOUCHA is 'n unieke UNIVERSAL AIRTIME VOUCHER wat deur die ontvanger of die wenner afgelewer kan word vir lugtyd by enige netwerk van hul keuse (Vodacom, MTN, Cell C of 8ta) en dit kan gekoop word in 'n denominasie van u keuse wat wissel van R10. 00 - R1,000.00 per koopbewys.

Kontak ons nou vir meer inligting oor die 1Voucha!

Wanneer jy vir Besigheidsdienste registreer, kan jy jou maatskappy se BTW-inligting by jou profiel voeg en jou voorkeure instel met betrekking tot Proformas en BTW-fakture. Jy kan ook BTW-fakture per bestelling aanvra.