LiveZilla Live Chat Software

Herlaai lugtyd aanlyn binne minute - 24/7

Vodacom, MTN, Cell C, Telkom Mobile en Neotel vooruitbetaalde lugtyd

Ons het begrip daarvoor dat jou tyd waardevol is en wil jou spesifieke behoeftes akkomodeer deur seker te maak dat jou transaksie so vinnig as moontlik verwerk word.

Indien jy net een selfoon het om te herlaai, of nou lugtyd benodig, stel ons voor dat jy die Enkele Herlaaiing proses volg.
Ons wil jou uitnooi om hierdie proses te volg vir jou eerste aankoop - al is dit vir ‘n klein bedrag, om ‘n “gevoel” te kry van ons diens!

Herlaai lugtyd in 'n oogwink

Dit neem enkele minute om eenmalig aan te sluit.
Voeg Prepaid24 as ‘n begunstigde in jou eie bank en gebruik die korrekte verwysing om jou lugtyd te herlaai:
Voeg ‘n V(Vodacom), M(MTN), C(CellC), N(Neotel) of T(8.ta) voor die selfoonnommer b.v. V0820011001.
Lugtyd word pinloos na jou sim herlaai.
Volgende keer hoef jy net ‘n betaling met die korrekte verwysing te maak.

Enkele herlaaiing stappe

Indien jy kies om ‘n basiese herlaaing nou te doen, sal ons jou met graagte help om meer produkte of nommers in jou MyPP24Profiel te voeg sodra jou eerste transaksie suksesvol voltooi is, en jy gereed is om meer produkte by te voeg.

Gereed om te begin?

Sluit aan en skep jou eie veilige MyPP24Profiel, waar jy vir verskeie selfone met een betaling aankope kan maak!

Jy kan tot 50 selfone met een betaling herlaai, en die lugtyd sal direk op die gespesifiseerde selfone gelaai word.

Meervoudige herlaaiings stappe

Prepaid24 bied 'n verskeidenheid van betalingsmetodes:

  1. EFT betalings
    Al wat jy hoef te doen is om Prepaid24 as 'n begunstigde in jou bankprofiel by te voeg 'n betaling te maak deur gebruik te maak van die unieke verwysingsnommer wat gegenereer word nadat jy jou mandjie geskep het.
  2. SmartFund paaiemente
    Die SmartFund is soos 'n elektroniese beursie fasiliteit. Hierdie funksie stel jou in staat om fondse gereed te hê om te gebruik vir jou produk aankope, sonder dat dit nodig is om in te teken by jou aanlyn bankdienste. Jy kan jou SmartFund aanvul deur middel van EFT- of Kredietkaartbetalings. Die SmartFund is baie populêr onder kliënte, aangesien dit onmiddelike produklewering bied.
  3. Kredietkaart paaiemente
    Die Kredietkaart betalingsfasiliteit is slegs beskikbaar om jou SmartFund se fondse aan te vul.  

Gereed om te begin?