ENG | AFR

Steve Tshwete Terme en Voorwaardes

Vrywaring en terme en voorwaardes vir die gebruik van Steve Tshwete plaaslike munisipaliteit se voorafbetaalde elektrisiteitsfasiliteit deur Prepaid24

  1. Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit behou die reg voor om hierdie terme sonder kennisgewing van tyd tot tyd te hersien /verander.
  1. Die fasiliteit soos hierin beskryf, word "voetstoots" voorsien en is nie ontwerp om indiwiduele behoeftes aan te spreek nie maar is vir die behoeftes van Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit en verbruikers van elektrisiteit op dieselfde skaal. Die verbruiker aanvaar dat die gebruik van die fasiliteit op die indiwidu se eie risiko en diskresie gedoen word.

    Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit ontken hiermee enige aanspreeklikheid, en as verbruiker vrywaar u Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit teen enige skade, verlies, of aanspreeklikheid ten opsigte van u rekening wat voortspruit, direk of indirek, uit die gebruik van die fasiliteit of diens, hetsy sulke skade, verlies of aanspreeklikheid van finansiele, gevolglik persoonlike, toevallige of andersindse aard is.
  1. Nie die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit, of enige van sy Agente of verteenwordigers sal aanspreeklik wees vir enige verlies, eis, skade, of aanspreeklikheid van enige aard hoegenaamd wat voortspruit uit die gebruik of onvermoe om die fasiliteit  te gebruik  en/of van die dienste of inhoud wat deur of uit die fasiliteit beskikbaar is nie.
  1. Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit waarborg nie of gee ook nie voor dat die funksies wat in of deur die fasiliteit beskikbaar is ononderbroke of foutloos sal wees, dat defekte reggestel sal word of dat die fasiliteit sonder enige skadelike gebreke sal wees nie.  Die verbruiker word versoek om enige probleme, gebrekkige diens of foute by die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit aan te meld.
  1. Ondanks enigiets tot die teendeel in hierdie vrywaring en terme en voorwaardes, mag Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit van tyd tot tyd, sonder kennisgewing aan die verbruiker, toegang tot hierdie fasiliteit opskort vir tegniese redes, verandering aan of instandhouding van die sagteware, hardware toerusting of infrastruktuur waardeur hierdie aan die verbruiker beskikbaar gestel word, of vir enige ander rede. In hierdie  verband erken die verbruiker dat onderbrekings of opskortings mag gebeur wat toegang tot die fasiliteit mag voorkom of andersinds mag belemmer. Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit aanvaar geen aanspreeklikheid vir skade van enige aard nie.
  1. Die verbruiker erken hiermee dat dit nie moontlik is om volkome sekuriteit ten opsigte van enige diens wat in die fasiliteit vervat of beskikbaar is, deurlopend te waarborg nie. Die verbruiker doen afstand van enige eis wat hy/sy mag he teen Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit ten opsigte van enige breuk in spesifieke prestasie.
  1. Die verbruiker mag hierdie fasiliteit slegs vir die doel waarvoor dit voorsien is, gebruik.
  1. Die verbruiker erken voorts dat hy/sy tot 30 minute mag wag vir 'n bewys . Indien daar na 30 minute nog geen bewys deur hom/haar ontvang is nie, die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit nie aanspreeklik sal wees vir enige sodanige vertraging en gevolglike skade van enige aard nie.


Woordelys
Verbruiker: 'n natuurlike of juridiese persoon wat elektrisiteit deur die fasiliteit van Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit koop