LiveZilla Live Chat Software
fullslide2 fullslide2

Die Slim Manier om te Betaal

Die SmartFund is die maklikste manier om Prepaid24 te gebruik. Die SmartFund fasiliteit verseker dat jy nie hoef te wag vir die verwerking van ‘n betaling nie en skakel bankvertragings heeltemal uit jou aankoopproses uit. Sodra jou SmartFund befonds is, sal jy onmiddellike produklewering geniet – 24/7!

Jy kan jou SmartFund befonds deur middel van ‘n Kits EFT via Ozow, ‘n Standaard EFT of met jou Kredietkaart d.m.v. PayFast. Jou fondse sal dan in jou Prepaid24 SmartFund beskikbaar wees – gereed om aangewend te word vir die aankoop van enige produk en sonder om enige addisionele betalings te maak.

As jy dus Prepaid24 veelvoudige kere per maand gebruik vir die aankoop van een of verskeie produkte, is die SmartFund beslis ‘n fasiliteit om te ondersoek, aangesien dit met jou en jou behoeftes in gedagte geskep was.

Met krediet op jou SmartFund kan jy eenvoudig ‘n bestelling skep, “SmartFund” selekteer as jou gekose betalingsopsie, jou SmartFund Pin insleutel en jou betaling sal verwerk word. DIS SO MAKLIK!

Deur die Prepaid24 SmartFund is jou voorafbetaalde produkte en bewyse altyd net ‘n oomblik weg!

Gaan voort met Smartfund

As jy van die idee van onmiddellike produklewering hou en dit alles eerder in een stap sal wil doen wanneer jy die produk benodig, is ons Kits EFT via Ozow dalk eerder die betalingsopsie wat jy kan oorweeg. Vir meer inligting, klik gerus hier: Kits EFT via Ozow