LiveZilla Live Chat Software

Profiel bestuur

MyPP24Profiel is die fasiliteit waar jy as Prepaid24-kliënt met jou registrasiebesonderhede kan inteken om sodoende jou inligting te bestuur en meervoudige transaksies met een betaling te doen.


Met MyPP24Profiel kan jy gemoedsrus geniet wat jou inligting betref.

Jy kan:

  • jou geregistreerde produkte en dienste besigtig,
  • jou verwysingsnommers verifieer,
  • jou SmartFund se balans kontroleer,
  • jou transaksiegeskiedenis besigtig en
  • op hoogte met Prepaid24 se nuutste produkte en jongste nuus bly.

Wat MyPP24Profiel nóg beter maak, is dat jy verskeie transaksies met ’n enkele betaling kan afhandel.

Kry moeiteloos en vinnig toegang tot jou persoonlike MyPP24Profiel, deur die kortpad skakel op jou selfoon te plaas. Die skakel word vanuit jou MyPP24Profiel na jou primêre epos adres gestuur.

Net nog ’n manier waarop Prepaid24 jou verwagtings oortref.