Prepaid24 hef ‘n maandelikse fooi vir die gebruik van ons aanlyn platform, wat aan elke kliënt die volgende dienste en voordele bied:
Daar is GEEN verpligtinge of debietorders nie. Jy sal net vir ons diens betaal wanneer jy dit gebruik, wat jou al die beheer gee wat jy nodig het.
Hierdie fooi sal ook NIE ophoop tydens maande wat jy nie van Prepaid24 gebruik maak nie. Dit sal van jou eerste Prepaid24 aankoop van die maand afgetrek word, met die oorblywende bedrag wat as 'n elektrisiteit herlaaibewys uitgereik sal word. Daar sal geen fooie vir enige addisionele aankope vir dieselfde meter gedurende dieselfde maand wees nie.
Hierdie platformfooi sal nie gehef word vir meternommers met 'n maandelikse besteding van minder as R400 nie.
Ons is baie trots daarop om die land se voorafbetaalde elektrisiteitsdeskundiges te wees. Hierdie fooi stel ons in staat om Suid-Afrikaanse elektrisiteitsverbruikers soos jouself aan te hou ondersteun en 'n baken van lig te bly in wat soms ‘n donker bedryf kan wees, waar wêreldklas kliëntediens (veral in Afrikaans) nie altyd prioriteit geniet nie.
*** Volgens ons navorsing, is Prepaid24 die enigste aanlyn elektrisiteitsplatform wat hierdie voordele bied.