Laai jou Kits-Skakel op jou iPhone

Kyk 'n vinnige video om te sien hoe:

Kyk die video

Stap 1

As jy nog nie toegang tot jou Prepaid24 Kits-Skakel vanaf jou foon se tuisskerm het nie, navigeer na jou Kits-Skakel deur te klik op “Gaan na jou Kits-Skakel” onder op jou MyPP24Profiel.

Stap 2

Maak jou Kits-skakel oop in Safari op jou foon. Klik op die “Share” knoppie op die menu. Dit is die knoppie onder op jou skerm wat lyk soos ‘n blokkie met ‘n pyltjie wat by hom uitsteek.

Stap 3

Kies “Add to Home Screen”.

Stap 4

Op die volgende skerm, gee jou kortpad-skakel ‘n naam (bv. Prepaid24) en bevestig die web adres (hierdie sal jou persoonlike skakel wees). Na dit, klik op “Add” in die hoekie regs-bo om jou skakel tot op jou foon se tuisskerm te laai.

Jou Prepaid24 Kits-Skakel sal nou op jou foon se tuisskerm wees, waar jy hom kan plaas waarokal dit jou pas.

Jy sal nou onmiddelike toegang tot alles van jou onlangse herlaaibewyse tot ons vriendelike Kliëntediens Konsultante kan geniet! Jy sal ook enige nodige profielveranderinge kan maak binne oomblike!

Gaan na jou MyPP24Profiel