LiveZilla Live Chat Software

Privaatheidsbeleid

Om aanlyntransaksies aan te gaan en jou inligting bekend te maak, mag riskant voorkom. Ons hoop egter dat jy ná die lees van ons privaatheidsbeleid gerustheid oor Prepaid24 as jou mobiele betalingsplatform sal hê.

Ons vertrou dat hierdie inligting duidelik is, maar terselfdertyd verwelkom ons jou vrae en opmerkings.

Wees asseblief verseker dat Prepaid24 jou persoonlike inligting nooit sonder vooraf toestemming aan ʼn derde party sal bekendmaak nie.

Hoe ons inligting bekom

Daar is verskillende maniere waarop ons inligting verkry:


Persoonlike besonderhede wat met registrasie aangevra word

Wanneer jy by Prepaid24 registreer, verskaf jy sekere persoonlike inligting wat ons in staat stel om jou transaksies te verwerk en jou van persoonlike en doeltreffende ondersteuning te voorsien. Hierdie inligting sluit in:

  1. Jou naam, taalvoorkeur sowel as kontakbesonderhede (e-posadres en selfoonnommer) wat hoofsaaklik gebruik word om die resultate van jou transaksie aan jou te kommunikeer.
  2. Sekuriteitsbesonderhede. Verder benodig ons jou ID-nommer en jou PP24-proefielinligting om jou persoonlike inligting aan die transaksiedatabasis te koppel. Sodoende kan ons verseker dat jou persoonlike inligting en transaksies vertroulik gehou word.
  3. Die besonderhede van jou produktoestel (bv. jou elektrisiteitsmeternommer) word aan jou rekords gekoppel ten einde jou transaksie uit te voer.

Besonderhede verwant aan tegniese aspekte

Ongeag met wie jy omgaan, wanneer jy ʼn webtuiste, ʼn mobiele toepassing of ander internetdiens gebruik, word sekere inligting amper altyd outomaties geskep en genotuleer. Die volgende inligting stel ons in staat om geleenthede in die mark te ondersoek en jou van innoverende produkte en dienste te voorsien. Die inligting kan nie aan jou persoonlik gekoppel word nie.

  1. Cookie data – ons maak soms gebruik van “koekies” (ʼn klein tekslêer uniek aan jou webblaaier). Ons kan koekies byvoorbeeld gebruik om jou voorkeure te stoor wanneer jy ons webwerf of MyPP24Profiel besoek sodat jy dit nie elke keer gedurende ʼn sessie hoef op te stel nie.
  2. Inligting van jou toestel – soms versamel ons inligting van die toestel wat jy gebruik om ons in staat te stel om jou ervaring te verbeter. (Dit sluit in soort, bedryfstelsel, stellings en weieringsdata.) Jy kan die beleid van jou toestel se vervaardiger of jou sagtewareverskaffer nagaan om uit te vind watter toestelspesifieke inligting beskikbaar gemaak word.
  3. Aanlyn advertensie-bemiddelaars verskaf dikwels inligting oor advertensies om die aflewering en prestasie te oudit, en/of daardie advertensies te verbeter. Hierdie inligting sluit in ʼn lys kriteria in wat in die teikening van advertensies gebruik kan word, en of die klikke op advertensies na registrasies gelei het of nie.

Hoe om jou besonderhede te verander en by te werk, die verwydering van ons adreslys te versoek en jou registrasie te deaktiveer:

Jy kan jou inligting enige tyd bywerk of verander deur by MyPP24Profiel op ons webtuiste aan te teken en jou “Profielinligting” of “Voorkeur” en ander rekeninginstellings te besigtig. Indien jy nie kan aanteken nie, kontak ons Aanlyn Ondersteuning. Ons sal jou graag help om jou inligting na te gaan, by te werk of te verwyder. Jou inligting sal egter steeds op ons databasis gehou word vir die oplossing van dispute en weens tegniese en regsvereistes en beperkings rakende die sekuriteit, integriteit en funksionering van ons webtuiste en stelsels.

Waarvoor is Prepaid24 aanspreeklik?

Prepaid24 weet hoe belangrik dit is om jou inligting veilig te hou. Om daardie rede bly dit ons doel om jou persoonlike inligting te beskerm en die sekuriteit van ons stelsels te verseker. Geen oordragmetode oor die internet of elektroniese bewaring is egter 100% veilig nie. Ons kan nie waarborg dat jou inligting nie deur ʼn breuk in enige van ons fisiese, tegniese of bestuursveiligheidsmaatreëls binnegedring, bekend gemaak, verander of vernietig word nie. Ons kan geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir ongemagtigde toegang tot ons bedieners en stelsels aanvaar nie.

Beleidsveranderinge

Ons mag hierdie beleid van tyd tot tyd verander, in welke geval enige veranderinge op hierdie blad geplaas sal word en jy in die boodskapafdeling  van MyPP24Profiel in kennis gestel sal word. Deur voort te gaan om Prepaid24 te gebruik nadat daardie veranderinge van krag is, stem jy toe tot die gewysigde beleid. As ons belangrike veranderinge aanbring, sal ons meer prominente kennisgewing verskaf of jou toestemming verkry soos deur die wet vereis word.