LiveZilla Live Chat Software

Oorsig van Korporatiewe Oplossing

Die Korporatiewe Oplossing is die bestuurshulpmiddel waarvoor baie werkgewers gewag het.

Hierdie fasiliteit stel jou in staat om meer as 50 selfone (sowel as elektrisiteitsmeters indien nodig) gelyktydig deur middel van een EFO te herlaai.

Jy kan moeiteloos transaksies doen deur eenvoudig by MyPP24Profiel aan te teken, die selfoonnommers (of meternommers) en bedrae wat herlaai moet word op te laai en ’n enkele EFO-betaling te maak deur jou unieke verwysingsnommer te gebruik, wat jy met die laai van jou transaksie ontvang het. Meer besonderhede oor hoe om te werk te gaan hier onder.

Korporatiewe betalings kan ook met die SmartFund fasiliteit gemaak word.

Ons hoop dat jy die gerief van hierdie opsie om jou werknemers se lugtyd en elektrisiteit gelyktydig en vinnig te herlaai, sal verwelkom.

Lees meer oor MyPP24Profiel

Jy kan die selnommers wat jy wil herlaai deur middel van 'n csv. dokument in MyPP24Profiel oplaai. Ons sal jou dan met 'n unieke EFT verwysingsnommer voorsien waarmee jy jou betaling maak.

Sodra die betaling gedoen is, word die lugtyd PIN-loos gelaai, direk op die onderskeie selfone wat jy tydens die transaksie in die MyPP24Profiel gespesifiseer het.

Nie seker hoe om 'n csv. dokument te skep nie? Klik hier vir die stappe oor hoe om dit te doen.

Gereed om te begin? Teken in by jou MyPP24Profiel en begin nou aankope doen!

Onseker oor iets? Kontak ons gerus deur ons aanlyn huplfasiliteit, waar ons konsultante gereed staan om to by te staan met enige navrae wat jy het.

Jy kan die meternommers wat jy wil herlaai deur middel van 'n csv. dokument na ons webtuiste oplaai. Ons sal jou dan met 'n unieke EFT verwysingsnommer voorsien waarmee jy jou betaling maak.

Sodra die betaling gedoen is, word die lys met elektrisiteitsbewyse na die e-posadres gestuur wat tydens registrasie gespesifiseer is.

Nie seker hoe om 'n csv. dokument te skep nie? Klik hier vir die stappe oor hoe om dit te doen.

Gereed om te begin? Teken in by jou MyPP24Profiel en begin nou aankope doen!

Onseker oor iets? Kontak ons gerus deur ons aanlyn huplfasiliteit, waar ons konsultante gereed is om jou by te staan met enige navrae wat jy mag he.