LiveZilla Live Chat Software

Hoe Om Jou Prepaid24 Kits-Skakel Op Jou iPhone te Laai

 

Kyk 'n vinnige video om te sien hoe:

Stap 1:

As jy dit nog nie het nie, navigeer na jou persoonlike Prepaid24 Kits-Skakel toe...(Hierdie skakel kan gekry word onder die “MyPP24Profile Shortcut” banier in jou profiel. Jy kan ook ons Kliëntediens kontak om jou skakel te kry. Die skakel sal per e-pos aan jou gestuur word).

                 
 
Stap 2:
Maak jou skakel oop in Safari op jou foon.
Klik op die “Share” knoppie op die menu (Dit is die knoppie onder op jou skerm wat lyk soos ‘n blokkie met ‘n pyltjie wat by hom uitsteek.

 
Stap 3:
Kies “Add to Home Screen”.


 
Stap 4:
Op die volgende skerm, gee jou kortpad-skakel ‘n naam (bv. Prepaid24) en bevestig die web adres (hierdie sal jou persoonlike skakel wees.
Klik op “Add” in die hoekie bo-regs om jou skakel tot op jou foon se tuisskerm te laai.

 
 
Stap 5:
Jou Prepaid24 Kits-Skakel sal nou op jou foon se tuisskerm wees; jy kan hom dan plaas waarokal hy die beste vir jou sal werk.
Jy sal nou onmiddelike toegang tot alles van jou onlangse herlaaibewyse tot ons vriendeike Kliëntediens Konsultante kan geniet! Jy sal ook enige nodige profielveranderings kan maak binne oomblike!