ENG | AFR

Prepaid24 Geskeduleerde Aankope

Presies hoe maklik kan jou maandelikse kragaankope wees?

Hier is Corné Lindeque van Prepaid24 wat ‘n paar van die ongelooflike voordele van ons geskeduleerde aankope uiteensit, asook ‘n paar kopsere wat dit kan oplos...

Die stappe om jou eerste geskeduleerde aankoop met Prepaid24 op te stel kan bietjie laer op hierdie blad gevind word. Jy kan ook ‘n oproep versoek vir een van ons kundige konsultante om jou te help.


Hoe werk geskeduleerde aankope?

Jy kan deur jou aanlyn bankdienste ‘n geskeduleerde EFT betaling na Prepaid24 opstel. Dit sal jou maandelikse kragaankope outomaties laat plaasvind! Geen ander verskaffer bied hierdie diens nie.

Terwyl jy jou geskeduleerde EFT opstel, sal jy ‘n bedrag kies (gewoonlik die minimum hoeveelheid krag wat jy in ‘n maand gebruik), asook ‘n datum waarop jou geskeduleerde EFT elke maand gemaak moet word (byvoorbeeld, op die 1ste). Jy sal ook ‘n einddatum vir jou geskeduleerde betaling opstel.

Wanneer jou betaling opgestel is, sal dit outomaties elke maand gemaak word op die datum wat jy gekies het en sal Prepaid24 jou herlaaibewyse via SMS en e-pos aan jou stuur, sonder dat jy ‘n vinger hoef te lig!

Daar is geen verpligtinge of ekstra fooie nie. Jy kan ook jou geskeduleerde aankoop enige tyd kanselleer.

Kies jou bank om die stappe te besigtig om ‘n geskeduleerde EFT betaling op te stel:

Absa Capitec FNB Nedbank Standard Bank

As jy wil hê dat een van ons vriendelike konsultante jou deur die proses moet lei, klik gerus die knoppie hieronder:

BEL MY ASSEBLIEF

Stel Dit Een Keer Op, Gaan Voort & Vergeet

Is jy keelvol daarvoor om kragaankope te vergeet? Raak jy moeg daarvoor om ‘n webtuiste of toep te besoek elke keer wat jy elektrisiteit moet koop?

As jy opsoek is na ‘n manier om die gesukkel van jou elektrisiteitsmeter se balans konstant dophou, te ontduik, het ons die oplossing vir jou.

Prepaid24 is Suid-Afrika se enigste elektrisiteitsverskaffer wat jou toelaat om herhalende aankope op te stel.

Dis reg, jy sal nooit weer ‘n kragaankoop vergeet nie! Los dit in ons kundige hande.

Vir ons is gerief meer as net ‘n maklike aankoopproses. Ons wil aankope OUTOMATIES vir ons kliënte maak, sodat hulle nie ‘n vinger hoef te lig om hul maandelikse herlaaibewyse te ontvang nie!

Met Prepaid24, kan jy gemoedsrus hê in die wete dat jou elektrisiteit altyd akkuraat en betyds herlaai sal word.