LiveZilla Live Chat Software

Ons Droom

Alhoewel ons in die voorafbetaalde dienstebedryf is, gaan dit vir ons by Prepaid24 in die eerste plek oor mense.

Dit is ons droom om die lewensgehalte te verbeter van al die mense met wie ons in aanraking kom - ons kliënte, vriende, werknemers, gesinne en onbekendes – en sodoende uiteindelik ’n positiewe verskil in ons gemeenskappe te maak.


ONS HEG WAARDE AAN:

  • Openhartige, eerlike verhoudings en kommunikasie
  • Warm, beleefde vriendelikheid
  • Nederigheid en betroubaarheid
  • ’n Positiewe span- en gesinsgees
  • Passie en vasberadenheid
  • Innoverende verandering
  • Toerekenbaarheid en deeglikheid
  • Integriteit en deursigtigheid
  • Goeie rentmeesterskap
 


WAT BETEKEN DIT IN JOU WERELD?

Het jou elektrisiteit onlangs onverwags opgeraak? Moes jy drie-uur in die oggend of op ’n onmoontlike tyd in jou besige dag, in jou motor klim om na ’n OTM toe te ry om R500 te trek? Moes jy met jou aankoms by die 24-uur geriefswinkel uitvind dat jy om een of ander rede (wat die kassiere nie kan verklaar nie) nie elektrisiteit kan koop nie?

Of het jy jou kredietkaart- en persoonlike besonderhede vir ’n aanlyn maatskappy gegee, net om uit te vind dat jy elke keer ’n “klein” kommissie betaal wanneer jy ’n transaksie doen? Dalk het jy die aanlyn alternatief beproef, net om magteloos gefrustreerd te voel wanneer daar probleme met transaksies opduik.

Het jy al enige frustrasie rakende jou voorafbetaalde elektrisiteit of lugtyd beleef... en die gevolge daarvan in jou persoonlike lewe ervaar?

As bogenoemde vir jou bekend klink, begryp jy die rede vir Prepaid24 se bestaan!


ONS BIED JOU:

  • Die gemoedsrus dat hulle transaksies voorkeur geniet en so vinnig moontlik ons stiptelike aandag sal geniet;
  • Vriendelike, stiptelike en doeltreffende kommunikasie deur ons aanlyn ondersteuningsfasiliteit wanneer kliënte enige probleme met prosesse ondervind;
  • Die gerief om te enige tyd op enige plek transaksies te doen;
  • Gerustheid in die wete dat ons van vakkundige kennis, ervaring en tegnologie gebruik maak.
 


ONS BESIGHEID

By Prepaid24 spesialiseer ons in die verkoop van voorafbetaalde produkte vir sommige van die grootste Suid-Afrikaanse munisipaliteite en vernaamste sellulêre kommunikasienetwerke. Van die munisipaliteite wat ons verteenwoordig, is die Stad Kaapstad, City Power, Tshwane, George en Mangaung – om maar net ’n paar te noem. Prepaid24 kan meer as 3,6 miljoen voorafbetaalde elektrisiteitsmeters van ESKOM regoor die land herlaai.

Prepaid24 is oorspronklik as privaatmaatskappy in 2009 gestig. In April 2016 het Blue Label – die grootste herverkoper van voorafbetaalde lugtyd en elektrisiteit in Suid-Afrika, aandeelhouding in Prepaid24 (Pty) Ltd (Reg: 2015/332247/07) bekom.

  • Direkteure: Alan Kodesh, Warren Lampert, Hermie le Roux, Frans-Johan van Dyk
  • Besigheidsargitek: Ben Lindeque
  • Senior Operasionele Strateeg: Corne du Toit
  • Besigheidsontwikkeling: Jean de Villiers
  • Finansies: Sunitha Singh
  • Kliëntediens en -ondersteuning: Werner Redelinghuys
  • Besigheidstelsels: Suné Eloff
  • Korpotatiewe Kommunikasie: Riana Stander
Die Prepaid24 maatskappy besit die volgende handelsmerke in Suid Afrika:
Handelsmerk Aansoek nrs: 2014/15236-7 en 2014/15258-9 vir 24-7 EMERGENCY ELECTRICITY


GESELS ASSEBLIEF MET ONS

Alhoewel ons nie oproepe kan ontvang nie, staan ons vriendelike konsultante gereed om jou met enige navraag of onsekerhede rakende jou transaksies by te staan. Gesels AANLYN met ons 7 dae per week tussen 06h00 en 24h00.

Besoek ons bystandsentrum en rig n navraag of kontak ons regstreekse aanlyn bystanddiens (en gesels met 'n regte persoon)