Koop Elektrisiteit vir veelvuldige meters


Stap 1

Gaan na ons Koop Nou webblaai.

Stap 2

Klik op die “Voorafbetaalde Elektrisiteit” paneel.

Stap 3

Vul jou meternommer in en klik op “Dien In”.

Stap 4

Selekteer of voer die nodige inligting in, sowel as jou aankoopbedrag. Klik op “Voeg by Mandjie”.

Stap 5

Herhaal stappe 3 & 4 vir elke meter waarvoor jy wil aankoop.

Stap 6

Gaan na die onderkant van die webblaai en klik op “Voltooi Aankoop”.

Stap 7

Sluit Aan of Teken In om voort te gaan met jou aankope.

Stap 8

Sodra jy aangesluit het of ingeteken is, bevestig jou bestelling en klik op “Betaal Nou”.

Stap 9

Kies jou voorkeurbetalingsmetode en volg die aanwysings wat volg.

Jou herlaaibwys sal na jou toe ge-epos en ge-SMS word binne 15 minute nadat jy jou betaling gemaak het.

LET WEL: As jy ‘n Standaard EFT as jou betalingsmetode gekies het, sal jy ‘n unieke verwysingsnommer ontvang wat jy kan gebruik om jou EFT te maak. Hierdie verwysing verander elke keer wat jy ‘n nuwe bestelling skep, so jy kan dit slegs EENMAAL gebruik.

Koop Nou