LiveZilla Live Chat Software
fullslide2 fullslide2

Die Vinnigste Manier om Prepaid24 te Gebruik!

Ozow is in 2014 gestig en het gedurende die laaste paar jaar die gunsteling betaalmetode van maatskappye soos Takealot, Mercedes Benz, Superbalist en talle ander geword.

Twee woorde wat dikwels geassosieer word met Ozow is: Gerief & Veiligheid.

Ons wil hê dat jou ervaring met Prepaid24 so gerieflik en eenvoudig as moontlik moet wees, en dit is die rede hoekom ons besluit het om met Ozow saam te span. Hulle is werlik die “Beste van die beste!”

Ozow bied jou die gerieflikste manier om ‘n EFT te maak deur al Suid-Afrika se hoofbanke, insluitend Absa, Standard Bank, FNB, Nedbank, Capitec, Investec, Discovery Bank en TymeBank – 24/7.

Die Ozow Kits EFT stel jou in staat om ‘n bestelling te skep vir een of veelvoudige produkte, die bestelling te betaal en jou produkte binne ‘n oogwink te ontvang – sonder om te wag vir die verwerking van ‘n betaling!

Ons is dus baie opgewonde om aan te kondig dat Prepaid24 kliënte nou al hulle voorafbetaalde noodsaaklikhede deur middel van ‘n vinnige & eenvoudige Kits EFT via Ozow sal kan aankoop!

Koop Nou