LiveZilla Live Chat Software

Hoe om grootmaat aankope te doen

Kies asb. die gepaste produk hier onder om die stappe vir grootmaat aankope te vertoon:

Doen elektrisiteitsaankope vir meervoudige meters deur 'n bulk csv. dokument op te laai.

Grootmaat elektrisiteit aankoop instruksies

Skep 'n "Excel spreadsheet" met 3 kolomme as volg:

  1. Kolom een: jou meter nommer. Die meter nommer moet geregistreer wees op jou bestaande profiel. Voeg dit hier by.
  2. Kolom twee: geldige bedrag, sonder 'n geldeenheid, bv. 500 of 500.00
  3. Kolom drie: die epos adres waarnatoe die inligting van die transaksie gestuur sal word.

"Save" die dokument as 'n csv. dokument. Jou dokument is nou gereed om opgelaai te word.

Om 'n voorbeeld af te laai: klik hier. Nadat jy dit afgelaai het, regsklik en maak die dokument oop met Excel.
Sodra die betaling gedoen is, word die lys met elektrisiteitsbewyse na die e-posadres gestuur wat tydens registrasie gespesifiseer is. Alternatiewelik kan die bewyse na excel uitgevoer word.

Doen lugtydaankope vir meervoudige selnommers deur 'n bulk csv. dokument op te laai.

Grootmaat lugtyd aankoop instruksies

Skep 'n "excel spreadsheet" met 4 kolomme as volg:

  1. Kolom een: 'n geldige selnommer, sonder spasies.
    Netwerke is beperk tot Vodacom, MTN, CellC, Telkom en Neotel (stel die Excel na die "text" opsie, anders sal dieĀ  voor die nommer nie verskyn nie).
  2. Kolom twee: die netwerk van die selnommer. V vir Vodacom, C vir CellC, M vir MTN, T vir Telkom en N vir Neotel
  3. Kolom drie: geldige bedrag, sonder 'n geldeenheid, bv. 500 of 500.00
  4. Kolom vier: opsioneel - 'n beskrywing vir die selnommer.

"Save" die dokument as 'n csv. dokument. Jou dokument is nou gereed om opgelaai te word.

Om 'n voorbeeld af te laai: klik hier. Nadat jy dit afgelaai het, regsklik en maak die dokument oop met Excel.
BELANGRIK: Indien die "0" nie verskyn in die selnommer kolom nie, stel die formaat van jou "excel spreadsheet" na "text"